Gloukoom – oog-kondisie sonder pyn wat stadig u visie tot niet maak, (kliek hier vir simulasie van gloukoom se skade). Die gewone toets vir gloukoom, ons almal ken die “skiet jou in die oog” toets is ook nie so akuraat in die diagnose van gloukoom soos voorheen aanvaar nie.
Studies toon aan dat tot 2 miljoen Suid-Afrikaners huidiglik gloukoom het sonder dat hulle dit besef, is jy dalk een van hulle?
Baie individue is onbewus dat hulle gloukoom het, wat self gedurende ‘n standard oogtoets gemis kan word. Skade aan die oog neem toe met tyd en lei uiteindelik tot blindheid.
Gereelde oogtoetse wat die nuutste tegnologie vir gluokoom-diagnose insluit kan jou beskerm van die skade wat hierdie toestand veroorsaak.
Statistiek bewys dat gloukoom ‘n baie groter problem is as wat ons tot nou toe besef het. Dit is van kardinale belang dat almal, veral die met familie geskiedenis van gloukoom, gereeld daarvoor getoets word.
Vision Optometriste het onlang die nuutste toerusting aangeskaf, ‘n OCT gebruik gepolariseerde laser om die verlies van ganglion-selle in die retina te monitor. Die tegnologie vervang al die ouer toetse wat in die verlede vir gloukoom gedoen is en sal binnekort die hoof maatstaf vir gloukoom diagnose word.
Weg is die “oogblaas” toets, so ook die tydsame visuele veld toets. Die OCT neem ‘n paar minute en toets die digtheid van ganglion-selle op 36000 punte op die retina. Die resultaat word dan vergelyk met ‘n masiewe databasis van normale gloukoom-vrye retinas. Dit stel ons instaat om vinnig en effektief die aanwesigheid van skade agv gloukoom te identifiseer en dus vroeer behadeling voor te stel.
Dink aan die volgende:
Het iemand al gloukoom by u vermoed?
Het ‘n familie-lid gloukoom?
Het u al hoer as normal oog-drukke gehad?
As u nee geantwoord het op die boonste vrae stel ons voor dat u steeds vir ‘n behoorlike toets inkom indien:
• U is val in die ouderdomsgroep tussen 20 – 29 en het nog nooit ‘n oogtoets gehad nie.
• U is val in die ouderdomsgroep tussen 30 – 39 en het nie in die laaste 5 jaar ‘n oogtoets gehad nie.
• U is val in die ouderdomsgroep tussen 40 – 64 en het nie in die laaste 2 jaar ‘n oogtoets gehad nie.
• U is ouer as 65 en dit is meer as ‘n jaar sedert u laaste oogtoets.
Deur die OCT aan te skaf is die boodskap aan u dat ons altyd die nuuste en beste tegnologie sal gebruik om te verseker dat u die beste in oogsorg kry. Indien u enige vrae oor gloukoom of oogsorg het kontak ons gerus. Visie speel so groot rol in lewenskwaliteit, niemand kan bekostig om dit te verloor nie – dus kom sien ons vir ‘n OCT toets.
Comments are closed.