Het jy geweet UV kan die oog beskadig? Lig penetreer die oog net soos dit die vel penetreer. Twee tipes lig bestaan, UV en Sigbare lig, waarvan beide beskadigend kan wees vir die oog. Die kornea en lens verminder die hoeveelheid UV strale wat die oog binnedring en verskaf so beskerming aan die retina. Die strukture romdom die oog bied ook beskerming teen UV en Sigbare lig. Sigbare lig versamel op die retina sodat fotoreseptore gestimuleer kan word en sodoende n voorwerpraaksien. Die pupil verklein en die ooglede vernou as gevolg van Sigbare lig. Hierdeur verminder die hoeveelheid UV strale wat die oog penetreer.
Die hoeveelheid Sigbare lig verminder met bewolkte weer, maar UV radiasie bly dieselfde. Die risiko van makulêre degenerasie verhoog met blootstelling aan Sigbare lig en UV bestraling verhoog moontlikheid van katarak ontwikkeling. Dit is belangrik om te onthou dat die gevolge van UV blootstelling eers later in die lewe voorkom. Ongeag, is UV belangrik en word benodig in matige hoeveelhede. Vitamiene D word vervaardig wat help om bene te versterk, dit bied beskerming teen siektes, absorbeer kalsium en fosfor uit voedsel en help om bloed sirkulasie te stimuleer.
3 tipes UV strale kom voor in die atmosfeer:
UVA – Dieper geleë bindweefsel en bloedvate word deur UVA beskadig. Die retina word beskerm deur die lens wat UVA absorbeer. As gevolg van vermeerdering van lens pigmentasie, ouderdom en jare lange blootstelling aan UV strale is die kans vir katarak ontwikkeling hoog. Katarakte kan verwyder word en vervang word deur n Intraokulêre lens sodat visie herstel kan word, maar die Intraokulêre lens bied geen beskerming teen UV strale nie en addisionele hulpmiddels soos sonbrille en hoedens is essensieël.
UVB – Is die oorsaak van sonbrand en sneeu blindheid wat deur water en sneeu refleksie veroorsaak word en kanker tot gevolg kan hê. Lig wat van water, sneeu en sand reflekteer verhoog die hoeveelheid lig wat die oog penetreer. Die kornea dien as beskermer teen UVB, maar die omliggende konjunktiva bly onbeskermend. Pterygiums en Penqueculas ontwikkel en kan later visie versteur en die kornea beskadig. Sjirurgiese verwydering is moontlik.
UVC – Bevat die hoogste energie UV strale en is die gevaarlikste. Die osoon filtreer die strale.
Navorsing toon dat blootstelling aan son verskillende oogkankers tot gevolg kan hê. Melanome is kwaadaardige kanker wat voorkom in of om die oog, as gevolg van son. Sjirurgiese verwyder word soms benodig.
Hoe om ons oë te beskerm?
Brille met UV-beskerming, sonbrille en breë rand hoedens help om gevaarlike UV strale te verminder. Brille sonder ‘n tint sal tot ‘n mate beskerming teen die UV strale bied maar nie 100% nie.
Wanneer n bril gebruik word om UV beskerming te bied moet sekere aspekte in ag geneem word.
– Raam – Gekurfde raam en lense het beter beskerming as n plat raam en lense, omdat
nie net die oë nie maar ook die vel rondom die oë beskerm word van alle ligstrale en
refleksies.
– Lens materiaal – Standaard plastieklense verskaf 92% beskerming, maar glaslense
absorbeer nie UV lig nie en bied dus geen beskerming nie. Plycarbonate lense bied 100%
beskerming.
– Lens bedekking – UV filter het 100% beskerming en kan op beide sonbrille en brillense
gebruik word.
– Transitions en fotokromatiese lense verskaf 100% beskerming. Dit word deur UV
strale geaktiveer en is afhanklik van temperatuur en sonlig. In koeler temperature word
dit donkerder en in warmer temperature vat dit langer om donker te word.
– Tint – Bruin lense het die beste beskerming teen UV en sigbare lig, dit bied 95%
beskerming teen blou lig en het geen effek op kleur persepsie nie.
n Getinte lens sonder n UV filter kan nadelige effekte op die oog hê, deurdat die getinte lens Sigbare lig blokkeer en sodoende verhoed dat die pupil kleiner word, dus vloei meer UV lig die oog binne wat retinale beskadig kan veroorsaak.
Indien baie tyd op die strand of water spandeer word, is blou lig beskerming, 100% UV beskerming en vermindering van refleksie nodig. Blou lig net soos Sigbare lig kan makulêre degenerasie tot gevolg hê. Bruin lense bied die beste beskerming in die omstandighede.
Indien baie tyd op die pad spandeer word, is 100% UV beskerming nodig maar sekere hoeveelheid Sigbare lig moet deurgelaat word sodat kleure duidelik is en n veilige reis verseker kan word.
Kinders benodig ook UV beskerming. Soos reeds genoem, weet ons UV strale se beskadigende gevolge toon eers na n leeftyd van blootstelling, wat begin in kinderjare. Kinders spandeer meer tyd buite in die son en die risiko vir moontlike oog en vel beskadiging is hoog. Kinders moet kwaliteit sonbrille of breë rand hoedens dra op sonnige sowel as bewolkte dae.
Het U geweet?
– Nie alle sonbrille gee 100% beskerming teen UV strale nie
– Sonbrille moet selfs in skadu gedra word omdat oppervlaktes UV strale reflekteer wat jou
oë kan penetreer.
– Al word kontaklense gedra wat UV beskerming het, moet sonbrille nogsteeds gedra word
omdat kontaklense net die area wat dit bedek beskerm en sodoende die omliggende
strukture blootstel aan UV wat kan lei tot beskadiging.
– Sonbrille is vir almal en nie net vir ligte kleur oë nie, die risiko vir UV beskadiging bly
dieselfde.
– Breë rand hoedens kan tot 50% UV en sigbare lig verminder.
– Transitions en fotokromatieses lense word nie aanbeveel met sneeu ski nie.
– Katarakte is die hoof oorsaak van blindhied.
– Meer as 300 medikasies kan katarakte veroorsaak. Dit is belangrik om sonbrille te dra
wanneer sulke medikasies gebruik word.
Comments are closed.